top of page
Contributor

Antie Ivy Se Paella-Resep

Hierde resep bevat geen hoender nie. Nee, dis ’n seekosdis. Gebruik Antie Ivy se Paella-Resep vir ’n heerlike dekadente ete by jou volgende spesiale geleentheid.

Foto: Unsplash

Ek maak paella net vir spesiale geleenthede. Ons eet gewoonlik Kesfees saam met my oudste seun en my skoondogter se familie. Elkeen bring ’n dis of twee. Vroeër jare was ons soms tot dertig mense saam en ek moes toe die groot pot paella maak. Daar het weinig oorgebly en indien wel, het elkeen maar in sy Tupperware bakkie geskep vir die 26ste wanneer ons Struisbaai toe vertrek het. Die tyd het ook aangestap, familie het vertrek en ons is nou minder.


Antie Ivy Se Paella-resep

Ivy Kinnear


Nota
  • Ek sit nie ertjies of stukkie hoender in nie - dis ’n seekosdis.


Bestanddele

  • 1 groot ui

  • 1 groot soetrissie

  • 1 eetlepel fyn knoffel

  • 1 groot tamatie

  • 1 eetlepel suiker

  • 3 blikkies tuna in olie, gevlok

  • 500 g garnale

  • 1 groot pak seekosmengsel

  • vars kalamari (buise/ringe), gevries werk ook

  • 500 g rys, effens gekook (parboiled) met borrie

  • 3 blikkies gerookte mossels

  • 1 groot pak mossels in skulpe

  • Botter



Metode

  1. Sny die ui, tamatie en groenrissie in stukkies. Gooi bietjie olie in ’n groot pot en braai die ui en soetrissie.

  2. Gooi die knoffel by. Plaas tamatie stukkies in en roer. Gooi die suiker in om die suur te kamoefleer.

  3. Gooi die tuna in en roer goed deur. Sit die garnale, afgewas en die “aar” verwyder, met dop en al in. Plaas die skoongewaste seekosmengsel en kalamari in. Laat dit effens kook.

  4. Skep nou lepels rys in die pot. Na die helfte van rys ingeskep is, plaas die gerookte mossels in. Skep die res van die rys in.

  5. Plaas die mossels in skulpe heel bo. Skep stukke botter bo-op en plaas die deksel op. Laat op lae hitte stoom vir ongeveer ’n halfuur.

  6. Voel gereeld met ’n groot lepel of die vloeistof inhoud nog goed is (verhoed aanbrand).

  7. Die geure meng heerlik saam. Gee een goeie roer en plaas die deksel weer op. Die paella is reg as rys lekker sag is. U sal gevoel ontwikkel. Seekos raak mos gou gaar.

0 comments

Related Posts

See All

Paella

Comments


bottom of page