In our house we need to forgive one another often and there is no better peace offering than lasagne.
Nothing can melt a heart faster and it wins over the children over every time. I’ve adapted the recipe over time, especially when I don’t have one of the ingredients in the cupboard.
Forgiveness lasagne
Sharon Ogilvie
Bestandele
1 medium ui, fyngesny
halwe groen soetrissie, ontpit en fyngesny
30 ml kookolie
1 knoffelhuisie
1 groot lourierblaar
500 g maalvleis
1 blokkie biefekstrak
410 g-blik Italiaanse tamatie-en-uie mengsel
suiker
5 ml gedroogde origanum
5 ml fyn tiemie
1 pakkie sampioene (opsioneel)
1 t sout
WITSOUS
30 ml bottter
30 ml Maizena
250 ml melk
Lasagnevelle
Gerasperde kaas
Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Braai die ui en soetpeper in olie en voeg die koffel en lourierblaar by. Roer die maalvleis by en kook vir 10 minute.
Los die blokkie biefekstrak op in water, voeg by en kook vir nog 10 minute. Roer ’n bietjie water en ’n knippie suiker by die blikkie tamatie en uie en voeg by. Geur met origanum en tiemie. Voeg die sampioene by en kook vir nog 10 minute. Geur met sout.
WITSOUS: Maak die witsous op die stoof soos gewoonlik, nie in die mikrogolfoond nie.
Volg die instruksies op die pakkie en berei die velle lasagne voor. Pak in lae in ’n oondbak: begin met die lasagne, dan die maalvleis en dan witsous. Herhaal en sprinkel gerasperde kaas oor.
Bak vir 15 minute en rooster dan vir 3 minute tot die kaas net-net bruin is, nie geskroei nie. Ek hou dit gewoonlik mooi dop.
Ek bedien my lasagne gewoonlik met knoffelbrood en groenslaai. Vandag was dit egter pampoenmousse.
Comments