top of page

Sagopoeding

Contributor

Die eenvoud van sagopoeding se bestanddele en voorbereiding is deels hoekom die tradisionele Suid-Afrikaanse poeding 'n geliefde nagereg is. Plus, dis maklik is om te maak en heerlik om te geniet.


Vanaand is ouvrou onder die kombers, soetpampoen, beetslaai, geelrys en mango chutney want my Mrs Balls is nou op...

Vir poeding maak ek sagopoeding. Nie daai gooi-jou-dood-met-’n-baksteen koshuis weergawe nie.

Sagopoeding

Rene Dennis


Bestanddele

  • 1 liter melk

  • 4 eetlepels botter

  • 6 eetlepels suiker

  • 1 koppie sago

  • kaneelstokkies

  • 4 eiers, geskei


Metode

  1. Verhit die melk. Voeg die botter, suiker, sago en kaneelstokkies by en laat saggies prut. Roer om te verhoed dat dit vasbrand.

  2. Prut totdat die sago glasig vertoon.

  3. Klits die 4 eiergele, voeg ’n bietjie van die melkmengsel by die eiers en roer dan die mengsel by die melkmengsel. Verwyder die kaneelstokkies.

  4. Klits 2 ekstra eierwitte styf en vou in die melkmengsel.

  5. Klits 4 eierwitte en 2 eetlepels suiker tot puntstadium.

  6. Skep die sagomengsel in ’n oondvaste bak en voeg die meringue bo-op.

  7. Bak vir 25 min tot goudbruin.

  8. Geniet.

0 comments

Related Posts

See All

Comments


bottom of page