top of page

Só Maak Jy Met Kankerbos

Updated: Aug 21, 2023

Imelda Simon-Claasen van Riemvasmaak in die Noord-Kaap verduidelik hoe sy kankerbos (ook bekend as wildekeur of kalkoenbos) gebruik.



Kankerbos (Wildekeur/Kalkoenbos) is tradisioneel gebruik deur van ons Nama grootmense. Ons is 'n paar wat nog van die kruie gebruik, en ek dink ons moet eindelik weer terug gaan na ons kultuur, tradisies en gebruike.


Dit word gebruik as 'n natuurlike behandeling vir die volgende kwale:

  • Opbou van die immuunstelsel

  • Kanker

  • Diabetes

  • Maagkwale

  • Depressie/stresverwante siektes

  • Verkoue en griep


Gedroogde, Gemaalde Kankerbos-resep

  • Gooi twee eetlepels kankerbos in 'n glasfles en gooi so een liter kookwater daarop.

  • Laat dit afkoel (los die kankerbos in die fles). Die vloeistof sal nou 'n ligte groenbruin kleur hê.

  • Sit in die yskas.

  • Gooi deur teesif en drink 'n koppie vol soggens.

  • In gevalle waar spesifieke probleme voorkom, drink drie koppies, verspreid deur die dag.


Die Kankerbos groei in ons huis jaartse en oral in Riemvasmaak se vrugbare grond.



0 comments

Related Posts

See All

Comments


bottom of page